My Tuisblad
Uiteindelik!
Na besoeke aan vele webwerwe en foto albums het ek uiteindelik 'n plekkie gekry waar ek my foto's met almal kan deel. En raai net wat, hierdie webwerf was die eerste wat ek besoek het maar toe te dom was om reg te gebruik, nie dat ek nou veel slimmer is. Maar gelukkig raak mens mos deur skande en skade wys.
Kiekies Gaan loer by die verskillende blaaie in om na die foto's te kyk. As jy die foto's bietjie groter wil hê "double click" net daarop
Welkom So 'n bietjie agtergrond inligting
Kontak Waar kan jy my in die hande kry
Gasteboek Teken asseblief die ou gasteboekie sodat ek kan sien wie kom inloer het.
Enige kommentaar, goed of sleg, sal waardeer word. Ek kan gelukkig daarmee doen wat ek wil!
Wat is nuut Hierdie webblad het nou bietjie vol geraak en ek het 'n nuwe een geskep, ek wil nou nie die eerste een te vol prop nie, net vir ingeval ek later nog foto's wil bysit. Gaan na Skakel en kliek op sonia2.jislaaik.com en as daar nie enige kinkel in die kabel is nie, behoort jy sonder moeite soontoe geneem te word. Dit is my nuwe album se web adres




